- 'n Vrou Will Dit Hoor
Praat sag, vermy harde woorde
Bly lief want jy't haar belowe
Wees sterk, want sy het jou nodig
Wees vir haar die lig
Bly leer om te vergewe
Bly glo, daar's goed in die lewe
Bly hoop, want sy verwag dit van jou
Sy wil raak aan jou hart, sy wil vat aan jou siel
- Alleen
Alleen sonder antwoord
Alleen sonder pyn
Ek's teruggetrek in my dop in
Terwyl die son nog helder skyn
Stilbly is ook 'n antwoord
Wegkyk is ook sien
Terwyl jy alles regbuig
Kry ek wat jy verdien
- Annatjie
Ek sit en wonder wat van jou geword het
Is jy oraait want jy spook by my?
Hoe kon ons dan so vinnig groot geword het
Dit voel dan net soos gister hier by my
Die maan skyn so helder
Op hierdie stukkende bokskitaar
Hoe kon ek jou vergeet het
Want jy was altyd daar
- Beter Helfte
Ek wens ek het jou jare terug alreeds geken
Ek weet dit sou van my 'n hele ander mens gemaak het
Dis te maklik om daai woorde te sê ons bly vergeet dat dit betekenis het
Om iemand lief te hê moet jy verstaan wat jy het
Ek wil dit kliphard skree
Die storie vertel van my beter helfde
Eerste keer in my lewe sien ek myself jy's my beter helfde
Nooit ware liefde geken nie
- Boemelaar
Ken jy die geheime
Die verlede
Die gedagtes van die straat?
Elke dag staan ons en wag aan die kant van die straat bedel ons tot laat
Asseblief meneer wil jy nie help nie
Ek soek wit brood maar ek kort twee rand
Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
- Dit Is Hier
Ek kan nie veel langer wag nie
Dit voel of ek wil skree
Of ek wil ingee
Ek wil dit gil maar weet ek mag nie
Maar wag hier kom dit weer, nog 'n keer
Alles brand hier binne in my
Kan dit nie langer wegsteek
Dit wil uitbreek
- Een Vir Een
Ek wou nog altyd weet hoe jy sou lyk
Wat jy sou sê hoe jy vir my sou kyk
As jy hier langs my gestaan het
As die hemp wat jy aan het na my sou ruik
En as die merk van jou roete
Die sand saam my voete sal loop
Ek sal die blare bly afpluk een vir een
Tot jy sê jy's lief vir my
- Eens In 'n Leeftyd
Ek draai maar om
En ek stap maar weg
Jy't nog niks vir my belowe
Jy't nog niks vir my gesê
Ek byt my lip
Probeer die trane terug te sluk
Jy't nog niks vir my belowe
Jy't nog niks vir my gesê
- Ek Wil Jou Held Wees
As ek jou soen
Sal jy die waarheid weet
Ek sal baklei
Teen alles wat jy vrees
As jy my vra
Sal ek vir jou die
Sterre gaan haal
Vir jou die prys betaal
- Elke Minuut
Hoe tel 'n mens
Hoe werk jy uit
Hoe baie ek jou lief het
Ek kan dit net verduidelik met 'n soen
Hoe weeg ek dit
Beskryf ek dit
Hoe baie ek van jou hou
Ek kan nie maar ek sê dit met 'n soen
- Jy Doen Dit Weer
Jy't kom inkyk
Deur die vensters van my siel
Jy't gesien ek was verniel
Maar dit kon jou nie afskrik nie
Jy wou regmaak
Jy wou vrees in hoop omskep
En my lief jy weet jy het
Dis die liefde wat ons red
- Kan Ek Met Jou Praat
My liewe Pa
Jy raak nou jonk
Ek is die woorde uit jou mond
Ek sien my seun
Kyk na sy pa
En in sy oë dieselfde vrae
Kan ek met jou praat, kan ek met jou praat
Ek wil jou vra vir 'n bietjie raad
- Ken Jy My
Ek het myself belowe ek sal mooi gaan kyk
Voor die donker kant vir my dalk mooier lyk
Maar ek het weer geval my knieë is moeg gekruip
Maar ek staan
Jy sê vir my, ek's in verkeerde helfte
Jy preek vir my maar jy doen dan dieselfde
Kyk mooi na my, ken jy my, ken jy my
Dink mooi voordat jy jou vinger vir my wys
- Kyk Waar Is Ons Nou
As ek aan jou dink raak ek weg
My oë val toe en ek word, weggevoer op vlerke
Van die wind
As ek met jou dans voel dit reg
Die sterre skiet en ons los spore op die maan
En die melkweg
Gedagtes van jou langs my maak my lui vanaand
Ek sal verewig net hier by jou wees
- Laat My Lewe
Daar is plek in die son vir jou en my
En 'n doel in die lewe
En die pad wat ek volg wat my daarheen lei
Is gemaak vir 'n rede
As jy weet wie jy is en waarheen jy gaan
Is die reis soveel beter
Want jy val en jy leer om weer op te staan
Dit los jou met die wete
- Liefling
Jy weet
Dat ek nie sonder jou kan bestaan nie
Jy weet
Dat jy ook nie alleen kan bestaan nie
Dit weet jy goed
Liefling
Kan ons nie maar vergeet en vergewe?
Liefling
- Lovesong Letter
Gisteraand het ek 'n brief vir jou geskryf
Swart op wit
My liefde vir jou bely
Uit my pen het die woorde min geraak
Toe skryf ek 'n song want jy weet hoe ek briewe haat
En hy gaan so
Hallo my Engel wat maak jy nou?
Ek wonder by myself waar is jy nou
- Maak 'n Wens
Dis die storie van twee mense wat
Net soos ek en jy alles reg wou kry
Maar die lewe kom toe in die pad
En nie lank nie, voor sy hom verlaat
En hy weet wat hy sal opgee om haar terug te kry
En wat hy vir haar sou sê voor sy ry
Maak 'n wens kom ons glo weer in die liefde
Maak 'n wens nog 'n kans vir jou en my
- Middernag Serenade
Ek gooi ‘n klippie teen jou ruit en wag dat jy by die venster uit moet kyk
Wil jy my hele hart laat staan as jy soos ‘n muse uit ‘n feëverhaal lyk?
Haal asem, jy’s net ‘n mens
Maar jy lyk net soos ‘n engel jy’s wat ek voor wens, haal asem
Sê ek oor en oor vir myself
Dis net ek en my kitaar
Wat vir jou middernag serenade
Ek sing vir jou, ja net vir jou
- My Alles
Kom ons vat net die pad en gaan saam weg
Iewers waar daar niemand anders is
Daar waar ons nooit mekaar kan mis nie
In my hart voel dit goed en voel dit reg
Ek's verslaaf aan naby aan jou wees
Verlief met hele lyf en gees
Ja, jy is my alles, alles, alles
Ja, jy is my alles, alles, alles
- My Berg, Sion
Voor jy al hier was, het jy lankal bestaan
Voor God gespeel en in Sy hemel gedans
Hy roep 'n naam oor jou wat jy sal hou
Daar op my knieë het ek die Vader gevra
Om my te help dat ek dit beter verstaan
Toe gee Hy my 'n seun, ek's bly dis jy
En nou's jy hier en 'n pa se hart
Is gebore hier in my
- My Lewe Draai Om Jou
As ek opstaan of ek gaan slaap
Is dit net jy, wat in my kop bly
En in my drome, en in my hart voel ek jou
Want agter mure, vreeslike mure
Roep my hart uit, dit skree jou naam uit
En in ‘n oomblik
Weet ek als is okay
O, ek kan nie wag nie, weer om jou te sien nie
- Net 'n Man
As ek 'n digter was
Sou ek boeke vol
En papirus rol oor jou skryf
As ek 'n digter was
As ek 'n swerwer was
Sou ek die aarde wyd
Van heel bo tot suid
Na jou soek
- Net Vir Jou
Hoe sou jy dit ooit verstaan, as jy nie weet waaroor dit gaan.
Hoe kan jy my so vermy, as jy dan se jy's lief vir my.
Hoe kan jy dan aanhou se dat jy net vir my wil he!
Ek wil graag weet waar ons staan en waar ons gaan, want ek wag net vir jou, net vir jou.
Kyk hier staan ek nou en wag net vir jou, net vir jou.
Ooo ek staan en wonder hoe kan jy dan vir my se dat jy my liefhet
As ek wag net vir jou, net vir jou.
- Reuse
Ek hardloop hard maar jy hoor my nie
Ek het ‘n naam maar jy ken hom nie
Oor die berge van vergange kom ons aan
Weggesteek in die rotse staan
Soos water deur woestyne gaan
Oor die berge oor die vlaktes almal saam
Ons staan op die skouers van reuse
Ons hardloop in die verte soos wilde perde
- Sirkus
Dis moeilik om te praat
Terwyl daar ander mense se woorde in jou mond sit
Geprogrameerde tonge praat
Dis moeilik om te dans
Met al die toutjies om jou nek wat hulle trek
Gemanipuleerde valse dans
Wees jy net wie jy is
Solank jy soos ons is
- So Klink 'n Hart
So dis hoe dit voel as ‘n hart breek
Dis hoe dit voel as hy skeer
Seerder in die regte lewe wanneer dit met jou so gebeur
So dis hoe dit voel as ek opstaan
Dis hoe dit voel as dit reën
Anders as wat ek gedink het dit sal wees so dis hoe dit voel alleen
Ek kan nie eet nie
Ek kan nie slaap nie
- Spieeltjie
In die vier hoeke van die spieël
Sien ek dinge wat my pla
Dinge wat my pla
Ek sien 'n refleksie van my siel
In hierdie eindelose spieël
Die wêreld se spieël
So soek my anderkant die maan vanaand
Want ek kry skaam
- Storie Van My Lewe
Wie weet, waar die liefde lê?
Net jy, sal dit vir my kan sê.
Ons weet, van geheime bou.
En ek sal, joune altyd by my hou.
Want ek, ek ken jou lankal, ek lees jou soos 'n boek.
Die storie van my lewe, is eenvoudig maar so soet.
Dit begin wanneer jy instap, en eindig wanneer jy groet.
- Storieman
Lank gelede
Ons was sewe
Sonder vrees of bang vir lewe
Ons was beste vriende toe verloor ek jou
Eendag lank terug
Een en twintig
Sonder wysheid
Sonder rigting
- The Eyes of Secrets
They try to tell my story but they always seem to fail
These words you have will never be enough to tell my tale
I hide within the silence of all the secrets in my eyes
And from all these shadows my stories will arise
They'll be here forever in the sunlight on the sky
Leave the secrets in my eyes
All I ask you is to see me
Let me run along cycles of time and be me
- Vertel My
Ek wens ek kon vandag antwoorde kry
Want die vrae brand soos vuur hier binne my
Ek wens ek kon vandag die rede weet
Dan sou ek dalk 'n stukkie van dit vergeet
Want hoe kan ek aangaan?
Hoe kan ek voortgaan?
As ek dit nie weet
Want ek voel alleen hier
- Vlieg Vanaand
Die foto teen my muur is nog daar
Daar waar jy hom laas gehang het
Teen die muur en teen my hart
Herinneringe klou aan my
Aan en aan totdat ek nie meer kan gaan nie
Ek kan dit nie verstaan nie, ek moet bly
Die donkerder waarheid maak my seer en dit is nie die eerste keer
Die woorde in my kop kan ek nie keer
- Wat Geld Nie Kan Koop Nie
As jy wonder hoe ek voel
Want ek sê dit nie genoeg nie
Soms sê 'n man te veel
Maar nie wat hy bedoel nie
Dan kyk ek net na jou
Jy wat my regop hou
En ek sien wat jy werd is
Daar is soveel wat ek wil sê
- Wie Is Jy
As jy na jouself kyk wat sien jy en sal jy kan verander?
Jy doen dit weer nog 'n keer daar gaan jy weer vanaand
En dis nog altyd dieselfde, jy wil hoor jy is die beter helfte
En ek moet my sterre dank dat ek iemand soos jy kon kry
So klim af van daai troontjie af, want jy gaan eendag val
Weet jy wie is jy, jy sal my nie onderkry nie
Hierdie was die laaste rondte dit is nou verby
Mooi bly daar gaan jy, jy sal my nie terug kan kry nie
- Yeshua, The Messiah
The truth become so bright in the light
I can't wait till the world sees You
In Your precious name
You're still the same
Yesterday, tomorrow, this day
Light of my life
The flame of my fire
The wind in my wings
- Zen
Daar was 'n tyd toe ek kon moor
Agressie het my siel versmoor
Ek het duur betaal vir hierdie lewe
Ek het duur betaal teen jou
Daar was maskers oor my oë
Toe ek in niks en niemand glo
Toe ek besef het ons het geen konflik
Verdwyn my masker met geloof
- Ziana
What is my purpose in a world of fear and hate?
Why so much disbelief, I turn to every gate
And time is running out and my vision starts to fade
And through your pride and grace a love in me awakes
And I hear you, I hear you
Ziana, you answer all my questions
Ziana, God's mystery and secrets, oh Ziana
Through your eyes, your heart, your soul