- Bartlomeu Dias
Die seilskip St. Christopher
Met kaptein Bartolomeu
Vaar langs die woeste kus van Afrika
In die naghemel wink
Vreemde sterre so blink
Ons voel verlore, ver van Portugal
Hy's nou die seile hoog
Tuur met jou seeman's oog
- Die Byeboerwa
1891, Perlgrimrus, toe byeboer uit die bed opstaan
Hy't vas besluit hy trek hier uit, want hy wil na die stiltes gaan
En hy pak sy wa, sy ossewa byeboerwa
Sy tent en sy donkie saam, en hy kom toe op die grootpad aan
Rondom Graskop, daar loop sy spoor tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor en hy kom toe tot op Barberton
Die wiele rol, sy ossewa byeboerwa, die kakebeen byeboerwa
Kan die swaar vrag net net dra
- Die Hondsalon
In Sandton City is 'n hondsalon, diamante skitter in die môreson
Die hare blink en opgekam, sterte styf en die neuse klam
Kyk wie't die poedel ingebring, diamante aan die vingerring
Karre blink in die môreson, neus in die lug by die hondsalon
Wie, wie is wie?
Kyk maar rond en bont
Wie, wie is wie?
Wie's baas en wie's die hond?
- Die Oujaar Is Vergete
Die Oujaar is vergete want Nuwejaar is hier
Daar's borrelende vreugde die Kaap is vol plesier
Ou Tafelberg die glimlag die klopse huppel vlink
Van slaap is daar geen sprake, net eet en dans en drink
Ek's bly ek is 'n Kaapenaar hier naby aan die see
Van Vrystaat en Transvaal stroom almal hier
Die Oujaar is vergete en Kaapenaars voel vry
Selfs skool is nou vergete, gesiggies glimlag bly
- Die Smurflied
Waar kom al julle smurfs vandaan?
Smurfland is ons geboorteland
Praat julle smurfs dan ook soos ons?
Ja ons praat net minder twak
Doen julle dinge wat ons moet waag?
Ja ons doen wat ons uitdaag
Hierdie liedjie het ‘n mooi refrein
Ja kom ons sing dit sag en fyn
- Die Ystertrein
In die Noordkaap waar die Rooisand lê, en yster ongemyn
Waar kameeldoring en ganna groei, begin 'n baie lang spoor lyn
Deur die stowwe van die Boesmanland deur Namakwaland loop hy
Waar die ruimtes van die Knersvlakte die Bokkeveld berge sny
Oor die lang lang brugby Koekenaap waar die Sandveld boere saai
Al langs die see by Lambertsbaai tot binne in Saldanhabaai
Die drywers van die ystertrein is manne na my hart
Wat dag en nag die duisend myl se yster spore tart
- Dippedie Dei
(Dippidie do) Dippidie do
(Dippidie dei) Dippidie dei
(Dippidie daai) Dippidie daai
(Dippidie dou) Dippidie dou
(Dippidie do) Dippidie do
(Dippidie dei) Dippidie dei
(Dippidie daai) Dippidie daai
(Dippidie dou) Dippidie dou
- Dis 'N Land
Daar's 'n land aan suiderkant, kom deel in sy verhale
Uit die ooste, weste, noorde, suide, toegebring
Dis 'n land met wilde hand wat uitreik telkemale
Om die hoop van more te besing
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
- Dom Diedelie Dom
Dit is hy van wie almal altyd praat
As hy sing en kitaar speel op die hoeke van 'n straat
Sy deuntjie is in die strate dag en nag, hy bly geduldig wag
Dom diedelie dom, dom diedelie dom, hy speel dieselfde liedjies oor en oor
Dom, dom diedelie dom, daar is in die dom gejaag niemand wat wil hoor
Dom diedelie dom, hy sing sy hele lewe deur dis wat die liedjie man vergeet
Om te werk is vir hom veels te veel
Vir leer is hy te dom, dom diedelie dom
- Droomverlore
Haai, haai, haai, haai jy is droomverlore
Dink jy ek is nog verlief op jou
Haai, haai, haai, haai jy is droomverlore
Wie kan so 'n kêreltjie vertrou
In die wolke sweef jy rond tot perde horings kry
Maar vir my sal jy
Om die bossie ly
As jy my om raad sal vra, help dit nie om te kla los my uit, o ja, o ja
- Elke Liewe Skemer
Die skemeraand se skadu's is vol heimwee
Die sekelmaan se lem skyn deur die nag
Die lentereën se lied is vol verlange
Die môrester se blink begroet die dag
Elke liewe skemer kom daar 'n hunkering
Na jou hand so warm in myne
Waar ons saamstap langs die watervoor
En die naglied van die liefde hoor
- Heidi
Holladio
Holladio
Heidi
Heidi
Jou wêreld is in die berge
Heidi
Heidi
Dis jou tuiste en jou geluk
- Hoeka Toeka
Hoeka Toeka, ja-ja
En jou stem is in my ore
Hoeka Toeka, ja-ja
En jou lied in my hart
Op die rug van jou ysterperd op die rug van die môre
Hoeka Toeka, ja-ja
Kom jou liefde my haal?
Hoeka Toeka, ja-ja
- In Smurfland
Waar vind ons die mooiste sterre (In Smurfland)
Die maan kom lag met ons van verre (In Smurfland)
Die reënboog het so baie kleure (In Smurfland)
Niemand sluit hul deure (In Smurfland)
(Smurfland, droomland) Dit wag nou vir jou
(Smurfland, droomland) Die lug hier so blou
(Smurfland, droomland) Hoe lief het ons jou
(Smurfland, droomland) Net pret hier vir jou
- Kaalvoet In Die Reen
Kaalvoet in die reën, ons twee stap kaalvoet en alleen
Terwyl dit saggies om ons heen in die laning reën, en
Ons twee hardloop kaalvoet in die reën
En ons lag kaalvoet in die reën
Die druppels val om ons heen, kaalvoet in die reën
Ek en jy alleen
Kaalvoet in die reën beteken vir my veel
Dit sê jy is weer hier by my, en kaalvoet in die reën
- Karnaval In Bloemfontein
Poppe met koppe so groot soos die maan met reënboog kleure en swier
Andere snare met groen en blou hare, klink almal 'n glasie bier
Meisies so fyntjies met rietskraal lyfies ry hoog op 'n blomsierwa
Dis die jaarlikse groot karnaval
Ja, dis karnaval in Bloemfontein en almal hou jolyt
En ek speel op my ou honkie-tonk klavier
Ja, dis karnaval in Bloemfontein almal hou tot laat jolyt
Op maat van my ou honkie-tonk klavier
- My Sprokiesverhaal
Ek wandel in 'n sprokies wêreld, waar my drome my heen voer
Waar die mooiste affodille, in 'n see van skoonheid groei
Ek dans op maat van melodieë, wat geen ander plek bestaan
In my drome
Kan ek jou
Hier kom haal
Groen lê die vlaktes, ver en wyd, langs trotse berge
En hand aan hand stap ons saam, net ek en jy
- Papillon
Jy't my geneem op paaie deur die skoonheid van ons land
Na die sneeu bedekte berge by Franschhoek
Jy't my oë gewys op blomme, in die verte teen die rand
Maar jou hart bly altyd 'n geslote boek
Van die Vaal tot in Oranja, het ons land en sand gepraat
Oor die droogtes in die Vrystaat en Transvaal
Jy't gevra oor al my lieftes en die dinge wat ek haat
Maar jou eie hart was moeilik te bepaal
- Pappa Charlie
Jou neus is rond
Jou wange rooi
Hi pappa Charlie
Jou tossel skoene is so mooi
Hi pappa Charlie
Jy wat vir kinders soentjies gooi
Hi pappa Charlie
Jou mannewales laat ons skaterlag
- Saam Met Jou Wil Ek Lewe
Ek slenter vroeg môre in Adderleystraat met die blomme verkopers wat al harder praat
Die oggend se rooi lê op skemer satyn en ek wikkel my toe met gedagtes oor jou
'n Mishoring roep van die oorkantste kaai die ligtoring knipoog by Drie-ankerbaai
Ek wikkel my toe met gedagtes oor jou want hier saam met jou het ek my hart verloor
Saam met jou wil ek lewe
Al is jy nie by my
Net jy kan die drome
In my vervul, net jy
- Smurfiekarnaval
Die smurfies hou weer karnaval
(Die smurf orkes nooi almal uit om saam te sing)
Die smurf orkes speel pragtig saam
(Hul speel, speel al die liedjies wat die smurfies ken)
Lekker smufie bier uit die brouery
(Met 'n tikkie tikkie skop in elke lekkerny)
Ou smurfie danser dans sy dans en oud en jonk kry kans op die smurfie karnaval
En daagliks by die skool werk al die smurfies baie hard
- Soetfontein
My hart is weer op Soetfontein
'n Plek waarna ek steeds verlang
Waar die lewe nog 'n mens verstaan
En alles gaan nog net hul gang
Ek sien net hoe die dag ontwaak
Die sleepmis wat die son gaan haal
Hoe die muile in die oggendson
Die eerste oes se koring maal
- Sy Kitaar En Die See
Jimmy Lourens was 'n seeman
En sy hart lê droef en leeg
Altwee vriende wat hom bystaan
Sy kitaar en die see
Jimmy had 'n skone noointjie
Maar sy het hom toe verlaat
Jimmy fluister Juanita
Waarom het jy my verlaat