- Belaglik Bang
Ek was belaglik bang die eerste keer
Toe ek moes uittree, toe ek moes oorgee
Om jou hand te vat en my droom te volg
Ek het my tas gepak met ‘n hart vol vrae
Dit was die mooiste dag toe ek my vrees laat vaar
En als in duie stort om my
Het ek net weer besef dat daar is meer as net
‘n Bietjie hoop vir my dat ek kan vrede kry
- Bittersoet
Asem dit in, asem weer uit, dis die goed en die sleg
Wat was en wat kom soos die yskoue nag
Wag tot die dag weer breek
Asem dit in, dis bittersoet
Die keuses van gister wat jy nou moet groet en
Gee my die onrus in jou
Hart wat jou glimlag steel
Verlossing is waar jou hart jou heen lei
- Boetie
In 'n huis so klein speel twee boeties saam
Daar's 'n foto van ons almal in 'n raam
Ek onthou nog jou ou hoenderkuif
Met die skêr het jy hom stout-wees afgesny
Maar die jare steel ons tye saam mekaar
En ek vergeet
Van jou
In jou hok van seer sien ek jou sit en huil
- Ek Glo
Kom nou saam
As die wind ons vang van voor
Wind ons vang van voor en
Hande saam
Sal ek altyd oor Jou droom, sal ek altyd in Jou glo
Selfs as my seile skeur
Duisend golwe breuk
Sal ek my anker gooi
- Hartklop
Vrede was ver ek kon dit nie kry
Onder 'n berg met vrees binne my
Verlore verdwaal my oë was blind
Weg van die lig val soos 'n kind
En toe vang jy my
En jy maak my vry
Ek voel jou hartklop hier binne my pols
Toe jy my naam roep het ek alles gelos
- Heildronk
Drink die aand en skink die wyn
Hang liggies op teen die deurkosyn
So lank te ver te ver van jou
So kom ons wees net hier in die hier en nou
Al my planne lê ek nou neer
Om net 'n bietjie tyd saam met jou te spandeer
Ons het min om te verloor
En ons drome lê nog voor
- Klaar te Laat
Ek onthou nog toe ek jou eers sien
Die wind wat waai die hare oor jou oë
En daar was soveel goed wat ek wou sê
Maar ek’s verstrooid en soms net deurmekaar
En toe jy kyk het ek net stilgestaan
Ek het so dom gevoel omdat ek staar
Maar jy't vir my gewaai en jy het net gelag
Jy was die mooiste mens dit was die mooiste dag
- Klei
Modder en klei
Uit Jou mond het ek asem gekry
En ek wil beter wees
As gister
Het al baie geleer
Ook myself al 'n paar keer verloor
As ek verdwaal
Kom haal my weer
- Lyk Liefde Soos
Lyk liefde soos die mooiste ring?
Die rooiste blom wat jou hart oorwin o, o
Of lê dit in ‘n bank belans
Waar note vloei en sente dans?
Of is daar dalk meer?
Maak liefde ook seer?
Is dit in wat ons kry?
Of is dit wat ons gee?
- Nuwe Horison
Oh kind jy sal moet praat
Oor al die dinge wat jou pla
Haat hier binne in jou
Sal op die ou einde
Jou hart en siel van jou vra
Wat sal jy kies?
Want die mandolien sal speel tot die son opkom
'n Lied vir jou pyn tot die môre kom
- Oorgenoeg
Ek wil nie meer in 'n huis bly nie
Ek wil nie meer nie
As ek dink aan die mense op straat
Wat in die reën 'n bed maak
Ek wil nie meer in 'n kar ry nie
Ek wil loop en als weer sien
Daar's 'n man wat in my asblik grawe vir kos
Wat is sy naam?
- Sing vir Sente
Werk bedank om ‘n droom te volg
Sonder ‘n plan of mediese fonds
Ek vat die pad na wie weet waar?
Al wat ek weet is jy is daar
So ek sing nou vir sente, winter tot lente, my geld is al klaar en my hande kry koud
Al ons drome is breekbaar party kry net een kans vir alles wat jy nog wou wees
Wakker geword op ‘n vriend se bank
Ek raak gewoond aan die stad se klank
- Smag Na Jou
Probleme raak groot as geloof verdwyn
Mense lyk vreemd as die lug wegkwyn
Berge is groot en my voete klein
Skyn op die pad wat na jou toe lei
En moenie so vêr wees nie
Moenie so vêr wees nie
Want jy's die asem in my
Die lug op my pad
- Totsiens
Wat het tog geword
Van ons huisie by die see
Die drome wat ons saam
Kon droom ek en jy
Wat het tog geword
Van daai glinster in jou oë
Die hoeke van jou mond
Wat glimlag as jy slaap
- Verdwyn
Ek was verkoop aan die ideë van jou
Maar toe die woorde begin val
Konsikwent die sel'le argument
So skink 'n bietjie wyn voor ons verdwyn
Hier val ek voor jou neer
Want ek is meer as net 'n vriend
En gee ek alles wat ek het
Maar dit is min
- Verlange
Onder sterre en in die see
Oor die berge en deur rivier
Weke, jare, ure, nou
Ek verlang my wese net na jou
Storm winde en sonskyn nag
Wolke wat berus nog ‘n dag
Maar alles in my hart en gees
Wil net aan jou wese kleef