- Fynbos
Jy vat my aan die hand op die fynbos strand
Die spore van my hart stap saam
Die korrels op die grond soos my liefde wyd
Dit skryf op die sand jou naam
Ken jy hierdie plek waar die fynbos bly?
Soos sterre wat die see verken
In die wonder van die sonsak net ek en jy
En hier het jy my hart gewen
- Hanoverstraat
Loop saam, loop saam deur my lewe
Loop saam deur Hanoverstraat
As die Moppies met kaparangse saamsing
Môre gaan ons seaside toe
Beestepote en 'n lekker afvaltjie
Koop mens in Hanoverstraat
As die fahfee man ons nommertjie uithaal
Dan hoor ons weer die Oubaas praat
- Jantjie
Jantjie
Kom huistoe
Katryntjie wag op jou
Jantjie
Kom huistoe
Want die Kaap is leeg sonder jou
My ghantang van die Onderkaap
As die mammies op hul hakke loop
- Jy Is My Lewe
Jy is my lewe
Want jy's deel van my
Ek voel so gelukkig
Jy is my lewe
Jou naam op my lippe
En jou stem in my oor
Sing ek gedurig
Jy is my lewe
- Katryn Katryn
(Katryn, Katryn)
(Katryn, Katryn)
Katryn, Katryntjie hoor jy my?
Die klokke lui, die fietse ry
Die busse in die straat skommelverby
Katryn, Katryntjie hoor jy my
Die klokke lui, die fietse ry
Die busse in die straat skommel verby
- Soen My Vandag
Tyd is net 'n storie wat die dae laat sin maak
Sekondes in die ure wat jou hart aan myne raak
Dit maak nie saak nie
Die maande is die sirkels wat jou voete teruglei
Jare is adresse waar jou liefde myne kry
Maar dit vlieg verby
Soen my vandag as of more die son nie sal ken nie
Soen my so lank as jy kan en belowe my dan dat jy altyd hier sal bly
- Spaanse kitare
Oe ek onthou na baie jare
Al het die tyd ver aangestap
En ek verlang na vroë dae
Net ek en jy daar in die vreemde
Daar was 'n glimlag in my oë
En daar was liefde in my hart
Jou donker oë het my laat glo
In ons geluk daar in die vreemde
- Tant Mossie
Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?
Ken jy die plaaspad se uitdraai by Waenhuiskrans?
Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?
Die donkielong huil op ou lang Piet se skoot
En die trap orrel skree, die ooge word groot
As ou Oom Stefaans sy viool begin stem
En Tan' Fien druk oupa Frans in 'n stywe lyf klem
Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?