Daar's Niks Soos Ware LiefdeAs sawens die liggies so glinster
Dan glo jy daar's liefde naby
Maar tussen net verbeelding en jy's weer alleen
Die oomblik van vreugde is heen
Daar's niks soos ware liefde
Niks so teer, so mooi, so rein
Soek jy waarheid in jou drome
Vind jy dalk net die liefde se skyn
DankieDankie vir hierdie skone môre
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag
Dankie vir al die goeie vriende
Dankie vir elke boom en blom
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom
Dankie vir elke kinderlaggie
Dankie vir elke sonnestraal
Ek Wandel Met HomIn droefheid, verdwaal was my siel swaar belas
Maar nou's ek gelukkig, my rusplek is vas
Van smorens tot sawens sing ek my tyd om
En dit is die rede ek wandel met Hom
Ek wandel met Hom, Halleluja
Ek wandel met Hom, prys Sy Naam
Ek dwaal nou nie meer, ek het huiswaarts gekeer
Ek wandel en praat met my Heer
Ek Weet VersekerEk weet verseker
Dat Jesus leef
Hy het my sonde
Uit liefde vergeef
Ek was verlore
Maar deur Sy bloed
Is daar nou vrede
Hier in my gemoed
Huise Van GlasKyk die mense in die strate
Dokters, staatsamptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papierpoppe op kaarte
Word ons leeg en sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou
Waarom sien ons die splint
In 'n ander een se oog
Ware Liefde Deel MeeSien jy die berge en lande
Kyk na hul prag en praal
Neem 'n blom in albei jou hande
O wie wie kan Sy prys bepaal
Ware liefde deel mee
Want dis liefde wat gee
As die son onder gaan
Sal Hy nog by jou staan